Gratis boeke

Daar is geen kopiereg op hierdie lektuur nie. U mag dit onveranderd uitdruk en versprei.

Die 1559-Institusie van die Christelike Godsdiens deur Johannes Calvyn

Die Afrikaanse vertaling van die Institusie is gedoen deur Prof HW Simpson

Medewerkers: Prof LF Schultze en Dr CMM Brink

Hierdie werk is aanvanklik gedruk in 4 hardeband volumes. Die CJBF het lank besin oor die herdruk hiervan. Uiteindelik is besluit om dit gratis op die webwerf te plaas, met dien verstande dat lesers welkom is om dit self uit te druk of te laat druk.

Willem Swanepoel is ons skandeer-goeroe. Hy het nie net die PDF-lêers geskandeer nie, maar ook geskandeer op só 'n wyse dat soektogte gedoen kan word. Hy het 'n stappie verder gegaan en vir ons 'n interaktiewe toepassing geskep, sodat u as gebruiker dit op 'n rekenaar kan gebruik.

regs is drie skakels:

  1. Bo is die 1536 uitgawe van die Institusie wat as 'n aktiewe program op u rekenaar kan werk
  2. In die middel is Ds AP Duvenage se verkorte weergawe van die 1559-Intutusie wat gebruikers van The Word kan aflaai en deel van die program kan gebruik.
  3. Onder is die 1559=Institusie wat op 'n rekenaar gebruik kan word.

1536 Intitusie vir "The Word"1536

 
  1. Stoor die ZIP-lêer op u rekenaar
  2. Dubbelklik op CalvynJ_Institusie_1536.gbk.exe
  3. Installasie word outomaties gedoen

Verkorte Institusie

  1. Stoor die ZIP-lêer op u rekenaar
  2. Dubbelklik op InstitusieVerkort_TW.exe
  3. Installasie word outomaties gedoen

1559 Institusie vir die rekenaarRekenaar

  1. Pak die ZIP-lêer uit in 'n vouer
  2. Regsklik op CalvynJ_Institusie.exe en klik op 'Create a shortcut'.
  3. Skuif die skakel (shortcut) na waar u verkies.
  4. U kan ook al die lêers op 'n CD / Datastokkie skryf